Job 24:18-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.

19. Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg — so die doderyk die wat gesondig het.

20. Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos ’n stuk hout —

21. hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.

22. Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.

23. God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.

24. Hulle het hul verhef — ’n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van ’n halm word hulle afgesny.

25. En is dit nou nie so nie, wie sal my van ’n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?

Job 24