Job 24:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WAAROM het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?

2. Grenslyne verlê hulle; ’n trop vee roof hulle en laat dit wei.

3. Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.

4. Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.

5. Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.

6. Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.

Job 24