1. MAAR Job het geantwoord en gesê:
2. Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.
3. Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!
4. Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;
5. ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.
6. Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hý sou ag op my gee.
7. Dan sou daar ’n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.