Job 22:27-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

28. Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ’n lig.

29. As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

30. Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.

Job 22