Job 22:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ’n stroom,

17. wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

18. En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

19. Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:

20. Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.

21. SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22. Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

23. As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

24. En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

Job 22