30. dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
31. Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel — wie sal hom dit vergeld?
32. Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
33. Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
34. Hoe troos julle my dan op so ’n nietige manier? En julle antwoorde — net troubreuk bly oor!