18. word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
19. JULLE sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
20. Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
21. Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
22. WIL iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
23. Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
24. Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
25. Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
26. Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
27. Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
28. As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose —
29. het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):
30. dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
31. Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel — wie sal hom dit vergeld?