Job 2:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

6. En die Here sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

7. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.

8. En hy het vir hom ’n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.

9. Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!

10. Maar hy antwoord haar: Soos ’n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

Job 2