Job 2:2-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die Here en sê: Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

3. En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.

4. Toe het die Satan die Here geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;

5. maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

Job 2