Job 18:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ’n rots uit sy plek versit word?

5. JA, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.

6. Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.

7. Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.

8. Want hy raak in ’n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ’n vangkuil.

9. ’n Vangnet gryp sy hakskeen, ’n strik hou hom vas.

10. ’n Tou is vir hom verberg in die grond en ’n valstrik vir hom op die pad.

11. Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.

12. Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.

Job 18