Job 18:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2. Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.

3. Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?

4. Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ’n rots uit sy plek versit word?

5. JA, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.

6. Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.

7. Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.

8. Want hy raak in ’n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ’n vangkuil.

9. ’n Vangnet gryp sy hakskeen, ’n strik hou hom vas.

Job 18