1. MY gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.
2. Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.
3. GEE tog ’n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?
4. Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.
5. Hy wat vriende aanklaag vir ’n buitaandeel — die oë van sy kinders sal versmag.