16. My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar ’n doodskaduwee;
17. alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
18. o AARDE, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
19. Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.
20. My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God —
21. dat Hy kan pleit vir ’n man by God en as Menseseun vir sy naaste.
22. Want maar min jare kom — dan bewandel ek ’n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.