1. DIE mens uit ’n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
2. Hy spruit uit soos ’n blom en verwelk; ook vlug hy soos ’n skaduwee en hou nie stand nie.
3. En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
4. Ag, kon maar ’n reine voortkom uit ’n onreine — nie een nie!
5. As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
6. kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus — totdat hy soos ’n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
7. Want vir ’n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
8. As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof —
9. van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak ’n tak soos ’n jong plantjie.