20. Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
21. trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
22. Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
23. Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
24. Waarom verberg U u aangesig en hou my vir ’n vyand van U?
25. Wil U ’n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
26. dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
27. en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U ’n streep om die sole van my voete;
28. en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos ’n kleed wat die mot verteer.