Job 13:12-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.

13. LAAT my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.

14. Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?

15. Kyk, al wil Hy my ombring — ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

16. Ook is dit my tot heil dat ’n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.

17. Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

18. Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.

Job 13