1. KYK, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
2. Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
3. Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
4. Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
5. Ag, as julle maar heeltemal sou swyg — dan sou dit vir julle wysheid wees!
6. Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
7. Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
8. Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
9. Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos ’n mens bedrieg word?
10. Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
11. Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?