Job 11:13-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. AS jý jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom

14. — as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie —

15. ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.

16. Ja, jý sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.

17. En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker — dit sal wees soos die môre!

18. En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond — jy sal in veiligheid gaan slaap.

19. Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.

20. Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is — uitblasing van die laaste asem.

Job 11