Job 11:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

2. Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet ’n loslippige man reg hê?

3. Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot — sonder dat iemand jou beskaamd maak —

4. en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?

5. Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!

Job 11