1. TOE het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
2. Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet ’n loslippige man reg hê?
3. Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot — sonder dat iemand jou beskaamd maak —
4. en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
5. Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
6. En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou ’n deel van jou skuld deur die vingers sien.
7. KAN jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
8. Hoogtes van die hemel is dit — wat kan jy doen? Dieper as die doderyk — wat kan jy weet?
9. Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
10. As Hy verbyskuiwe en gevange neem en ’n regsvergadering oproep — wie sal Hom dan teëhou?
11. Want Hý ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
12. So kan dan ’n domme verstand verkry en ’n jong wilde-esel as mens gebore word.