10. Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?
11. Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.
12. Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.
13. MAAR daarby het U dít verberg in u hart, ek weet dat dít u toeleg was:
14. As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.
15. Was ek skuldig — wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.
16. En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos ’n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.
17. U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder — altyd nuwe leërafdelings teen my!
18. Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ’n oog my gesien het.
19. Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.