Job 10:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EK walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.

2. Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.

3. Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

4. Het U vleeslike oë? Of sien U soos ’n mens sien?

5. Is u dae soos die dae van ’n mens, of u jare soos die dae van ’n man?

6. dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,

7. ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

8. U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!

9. Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?

Job 10