Jesaja 6:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op ’n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.

2. Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.

3. En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!

4. En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword.

5. Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe en woon onder ’n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die Here van die leërskare, gesien!

6. Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ’n gloeiende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar af geneem het,

Jesaja 6