1. DIE regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid.
2. Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde — hy wat sy reguit pad loop.
3. Maar julle, kom hierheen, kinders van ’n towerheks, geslag van ’n owerspeler en van haar wat hoereer!
4. Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, ’n leuenagtige geslag nie,
5. wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?
6. By die gladde klippe van die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê?
7. Jy het jou bed op ’n hoë en verhewe berg gemaak; ook het jy daar opgeklim om offers te bring.
8. En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien.