1. SO sê die Here: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.
2. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
3. En laat die uitlander wat hom by die Here aangesluit het, nie spreek en sê: Die Here sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ’n droë boom nie.