Jesaja 52:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ONTWAAK, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.

2. Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!

3. Want so sê die Here: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.

4. Want so sê die Here Here: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.

Jesaja 52