1. HOOR na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die Here het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.
2. En Hy het my mond gemaak soos ’n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ’n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;
3. en Hy het vir My gesê: Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik.