Jesaja 46:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?

6. Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ’n goudsmid, en hy maak daar ’n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.

7. Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.

8. Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!

Jesaja 46