Jesaja 46:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BEL het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, ’n vrag vir die vermoeide diere.

2. Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.

3. Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;

4. en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.

5. By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?

Jesaja 46