Jesaja 39:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dié tyd het Meródag Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, ’n brief en ’n geskenk aan Hiskía gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.

2. En Hiskía was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.

3. Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hiskía antwoord: Uit ’n ver land het hulle na my gekom, uit Babel.

Jesaja 39