Jesaja 38:18-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.

19. Die lewende, die lewende, dié sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend.

20. Die Here staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van die Here.

21. En Jesaja het gesê: Laat hulle ’n vyekoek neem en dit op die sweer sit, dat hy gesond kan word.

22. En Hiskía het gesê: Wat is die teken dat ek na die huis van die Here sal opgaan?

Jesaja 38