13. Bring ek myself tot bedaring tot die môre — soos ’n leeu só verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.
14. Soos ’n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos ’n duif; my oë het dof gekyk na bo: Here, ek is benoud, wees U my Borg!
15. Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het? Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel.
16. Here, by hierdie dinge leef ’n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!
17. Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitter lyde my geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.