1. WANT kyk, die Here Here van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,
2. die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;
3. die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.
4. En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.