Jesaja 29:18-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En in dié dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.

19. En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die Here, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.

20. Want gedaan is dit met die tiran, en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is —

Jesaja 29