Jesaja 27:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dié dag sal die Here met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.

2. In dié dag sal daar wees ’n wingerd van skuimende wyn — sing daarvan!

3. Ek, die Here, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie.

Jesaja 27