Jesaja 26:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: ’n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.

2. Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!

3. U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.

4. Vertrou op die Here vir ewig, want in die Here Here is ’n ewige rots.

Jesaja 26