Jesaja 23:9-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Die Here van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.

10. Stroom oor jou land soos die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen gordel meer wat hinder nie.

11. Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die Here het bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word.

12. En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie.

Jesaja 23