4. En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ’n harde meester, en ’n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here Here van die leërskare.
5. En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
6. En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.