1. EN in dié dag sal jy sê: Ek dank U, Here, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.
2. Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
3. En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
4. En julle sal in dié dag sê: Dank die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!