Jeremia 46:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Gaan op na Gílead en gaan haal balsem, o jonkvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs vermenigvuldig jy medisyne, daar is geen genesing vir jou nie.

12. Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou geskreeu; want held het gestruikel teen held, hulle altwee het saam geval.

13. Die woord wat die Here tot die profeet Jeremia gespreek het aangaande die koms van Nebukadrésar, die koning van Babel, om Egipteland te verower.

14. Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in Tagpánhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is.

15. Waarom is jou ruitery neergewerp? Dit het nie bly staan nie, omdat die Here dit omgestoot het.

16. Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard.

17. Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is oorlogsrumoer; hy het die bepaalde tyd laat verbygaan.

Jeremia 46