2. Toe het Ismael, die seun van Netánja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, met die swaard verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.
3. Ook het Ismael al die Jode verslaan wat by hom, by Gedálja, in Mispa was, en die Chaldeërs, die krygsmanne, wat daar te vinde was.
4. En op die tweede dag, nadat hy Gedálja gedood het, sonder dat dit nog bekend was,
5. kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samaría, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die Here te bring.