4. En toe Sedekía, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe.
5. Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadrésar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.
6. En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag.