7. terwyl die leër van die koning van Babel oorlog voer teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, teen Lagis en teen Aséka; want hulle het as versterkte stede oorgebly onder die stede van Juda.
8. DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het nadat koning Sedekía ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om vir hulle ’n vrylating uit te roep,
9. dat elkeen sy slaaf en sy slavin, ’n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat weggaan, sodat niemand ’n Jood, sy broer, vir hom diensbaar sou maak nie.
10. En al die vorste en die hele volk wat die verbond aangegaan het, het gehoor gegee dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat weggaan, sodat dié nie meer aan hulle diensbaar sou wees nie; ja, hulle het gehoor gegee en hulle laat weggaan.
11. Maar daarna het hulle weer die slawe en slavinne laat terugkom wat hulle vry laat weggaan het, en hulle het dié as slawe en slavinne onderdanig gemaak.
12. Toe het van die Here die woord van die Here tot Jeremia gekom en gesê: