Jeremia 20:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Pashur, die seun van Immer, die priester — wat hoofopsigter was in die huis van die Here — het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer.

2. Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die Here.

3. Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: Die Here noem jou nie Pashur nie, maar Skrik — rondom!

4. Want so spreek die Here: Kyk, Ek maak jou ’n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan.

Jeremia 20