Jeremia 2:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Israel was vir die Here ’n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die Here.

4. Hoor die woord van die Here, huis van Jakob, en alle geslagte van die huis van Israel!

5. So sê die Here: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?

6. En hulle het nie gesê nie: Waar is die Here wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in ’n land van wildernis en kuile, in ’n land van droogte en doodskaduwee, in ’n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?

Jeremia 2