Jakobus 2:21-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?

22. Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

23. En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ’n vriend van God genoem.

24. Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?

25. En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ’n ander pad weggestuur het nie?

26. Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

Jakobus 2