Hoséa 2:20-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. En in dié dag sal Ek verhoor, spreek die Here, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor.

21. En die aarde sal die koring verhoor en die mos en die olie, en dié sal Jísreël verhoor.

22. En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rugáma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God!

Hoséa 2