Hoséa 14:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die Here; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.

4. Assur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Want by U vind die wees ontferming.

5. Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.

6. Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ’n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon.

7. Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ’n olyfboom en sy geur soos die Líbanon.

Hoséa 14