Hooglied 7:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOE mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, ’n werk van kunstenaarshande.

2. U nawel is ’n ronde kom — laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is ’n hoop koring, omring deur lelies.

3. U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ’n gemsbok.

4. U hals is soos ’n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk.

5. U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper — ’n koning gevang in haarlokke!

Hooglied 7