13. My beminde is vir my ’n bossie mirre wat tussen my borste rus.
14. My beminde is vir my ’n tros hennablomme in die wingerde van Éngedi.
15. Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!
16. Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.
17. Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.